LOAD SHEDDING STAGES EXPLAINED

Koek en Tert sal jou skreeusnaakse tips gee oor die verskille tussen koeke en terte asook tussen mans en vroue – en jou ten minste vir ‘n uur van al jou probleme laat vergeet! Die komedie is geskik vir almal tussen 18 en 80 wat ‘n goeie sin vir humor het – en veral vir hulleself ook kan lag.

KOEK en TERT

MET Susan Coetzer. TEKS en VERVAARDIGING Susan Coetzer. REGIE: Andre Odendaal

KOEK en TERT is ‘n eenvrou komdie -met ‘n hart. Koekie Koekemoer (vertolk deur Susan Coetzer) is die geskeide lywige size 44  eienares van ‘n eiesoortige tuisnywerheid Koek en Tert, wat met behulp van haar life coach (‘n mini trampolien, Lientjie) die fisiese en emosionele bagasie van 20 jaar probeer afskud om ‘n nuwe ruiter te vang. Koek en Tert sal jou skreeusnaakse tips gee oor die verskille tussen koeke en terte asook tussen mans en vroue – en jou ten minste vir ‘n uur van al jou probleme laat vergeet! Die komedie is geskik vir almal  wat ‘n goeie sin vir humor het – en veral vir hulleself  kan lag.  

Susan Coetzer se twee nuwe boeke vir NB Uitgewers sal ook te koop wees na die vertoning, asook van haar skilderye.

Venue: Turnberry Hotel – 80 sitplekke

Afrikaans | Geen o/16 | T | 55 min.

Bespreek by Computicket – prys R120
Tye: Vr 22, 18h00 Sa 23, 10h en 15h Ma 25 10h en Di 26 10h en 19h00 Maart. 

Hier is ‘n paar comments van vroue wat ak die stuk gesien het:

Judith van Rensburg -  Susan het die rol uitstekend vertolk! Ek dink dit was SOVEEL inspanning om te praat en te spring!!!, maar sy het haar goed gekwyt van haar taak. Dit was vir my snaaks omdat dit so WAAR is. Ek kon identifiseer met Koekie wat alleen die mas moet opkom! Ek sal graag vir my vriendinne vir wie dit nie lekker is om alleen te wees nie,  kaartjies koop.  Koek en Tert sit baie dinge in perspektief.  Dis baie keer nie so sleg om alleen te wees nie!!

Maxie Botes–        Baie gelag aangesien die vergelykings die spyker reg op die kop slaan. Ek kon my vereenselfwig met die verskille tussen man en vrou en die rol as vrou. Agter al die baie gelag is daar ‘n diep boodskap verskuil. Besef wie jy is in die lewe (die koek of die tert), wees gemaklik in jou “gebakte / gestolde vorm” , maar laat transformasie toe in jou lewe m.a.w kom uit jou gemaksone uit en probeer nuwe dinge. Transformeer en wees  ‘n “koekerige tert” of ‘n” terterige koek”. Bou pret in die lewe in.

–        En o ja, daar is “lientjie”……….baie snaaks

–        Ek sal kaartjie koop vir al my ander vriendinne en selfs my ma om te gaan kyk en te lag en net om te ontspan.

My vriende noem my 'n tert maar ek het myself nog altyd as 'n koek geag. 

Na "Koekie" se insigewende advies kan ek nou rustig wees met die gedagte dat ek 'n terterige koek is … of is dit nou 'n koekerige tert? “Koek en Tert” is skreeusnaaks sowel as insiggewend – ‘n “spot on” vroulike teenvoeter vir “Groet die Grotman.” Die Hele Suid-Afrika behoort Susan Coetzer se wenstuk te sien. Baie geluk!

Pauli van Dyk

 

Koek en tert was 'n ware opkikker vir my gemoed!! Susan ht dit so humoristies voorgestel dat ek by tye op die tafel gele het soos ek lag!! Aangesien ek weet dat Susan 'n ware Christen is, ht sy v my die boodskap oorgedra dat ek maar op 50jarige leeftyd uit die kas mag uitklim en 'n tert v my man mag wees en my koekkrummels maar mag los om beskuit mee te bak!! Susan was briljant in haar opvoering van Koekie Koekemoer. Ek het haar amper nie herken nie. 'n Mens mag 'n Christenvrou wees asook 'n tert, maar net v jou man!!

Sonja Ensink

 

Ek het baie nodig gehad om die stuk te sien, want ek gaan deur ‘n moeilike tyd in my lewe, en dit het my net weereens laat besef dat niks so erg is nie, gee alles vir God, en jy sal die vrugte pluk.Dit was regtig ‘n baie aangename oggend, dit was presies wat ek op hierdie stadium nodig gehad het, en ek sal aanbeveel dat almal hierna gaan kyk, selfs ‘n paar mans kan baat vind daarby. J

Elna Buys

Die vertoning “Koek en Tert” was vrek snaaks, Susan se uitbeelding van die verskillende koeke en terte het sy so raakgevat, in seker uitbeeldings het ek myself gesien, en ook besef hoe goed dit is om vir jouself te kan lag.  Sy het my beslis laat besef dat mans en vroue van verskillende planete afkom.  Goed wat my man doen wat my woedend maak het die vertoning my laat besef dat my man is beslis nie die uitsondering nie, en nou kan ek daaroor lag, Susan het deurentyd gedurende haar vertoning interaksie gehad met die gehoor, wat ons baie geniet, dit maak ons deel van die vertoning.  Sy het my laat besef wat jou gewig is, is nie wat jou definieer as mens nie.  Susan is perfek vir die rol, sy het die nodige deernis sowel as komedie in die vertoning na vore gebring.  Elke vrou en selfs mans behoort die vertoning te sien, dit sal die mans in ons lewe ook help om ons vrouens te verstaan.  Ons is net anders aanmekaar gesit.  Die lag was wonderlik, ek het ‘n ligter vrou daar uit gestap.  Bespreek nou jou plek!!!!

Marinda Gettlife