'N Klassieke huldeblyk aan die musiek van ABBA

Alle kaartjies is beskikbaar by www.celebratio.co.za. U kan aanlyn kies, betaal en druk. Of besoek Postnet op Oudtshoorn. Vir navrae of meer inligting kontak Gerhard Meyer 082 802 7138.

 

Daar is twee opsies beskikbaar:

  1. VIP-pakket
  2. Die voorste 150 stoele word gereserveer vir VIP-gaste. Pakket sluit in voorkeurparkering en ‘n onthaalpakket by die funksielokaal op Celebratio. Van 18h00 word ‘n vingerete met wyn by die funksielokaal geniet en na afloop van die vertoning sal koffie, port en ietsie soet bedien word. Die kunstenaars sal ook na die vertoning by die VIP-gaste aansluit. Die koste beloop R380pp. Spyseniering word gedoen deur Nostalgie en Bella Cibo.
  1. Algemene kaartjies
  2. Alle sitplekke is gereserveerd en wissel van R160 tot R200 per persoon. Verskeie stalletjies deur Black Mountain Gin, Calitzdorp Kelders, Karooboon, Nostalgie en Bella Cibo sal sorg vir iets om te drink en te eet. Hekke open 18h00.   

Hierdie uitsonderlike produksie word op Saterdag 23 Februarie vir die eerste keer in die Klein Karoo aangebied. ABBA het reeds meer as 4 miljoen plate verkoop en die Supergroep uit die 70’s se musiek is vandag nog steeds gewild. ‘n 17-stuk orkes en drie soliste sal treffers soos Dancing Queen, Mamma Mia, Does your Mother Know, Super Trooper, Money Money Money, ensovoorts ‘n simfoniese pop-klank gee onder die Klein Karoo se sterrehemel. Kom herleef en beleef die 70’s se treffers.

Die vertoning word op Celebratio aangebied, ‘n uitvoer-granaatplaas sowat 30km buite Oudtshoorn, rigting Calitzdorp. Geen grondpad hoef gery te word nie, aangesien die plaas op die ou sementpad geleë is.